Literature
 
 
 
Oor skrywers en boeke – Tulbagh Kunsfees, September 2015
About authors and books – Tulbagh Arts Festival, Septemer 2015

1.  Lydia Notley  (Tulbagh Leeskring),  bespreek die roman Kamphoer deur Francois Smith.
2.  Kerneels Breytenbach bespreek sy roman Ester.
3.  Diana Ferrus bied ’n praatjie aan wat aansluit by haar gedig oor Saartjie  Baartman.
4.  Philip de Vos tree by Jason en  Marcelle se huis op met sy unieke aanbieding.
5.  Peter Sinclair Ellis talks about his new book, Stone the Devil.

Inligting oor die aanbiedinge
Information  regarding presentations
     
Tulbagh Arts Festival
 
Kamphoer deur  Francois Smith
 
 
 
Tulbagh Arts Festival   Tulbagh Arts Festival

Die Skrywer, Francois Smith
 
Kamphoer deur  Francois Smith, aangebied deur Lydia Notley. Lydia is een van die stigterslede van Tulbagh se Leeskring wat sedert 1978 onafgebroke jaarliks 7 – 10 boeke per jaar bespreek.

Kamphoer is ’n debuutroman wat min lesers onaangeraak sal laat. Die feit dat die roman op ware gebeure gebaseer is, dra dalk by tot die wyse waarop dit ’n mens teen die bors tref. Die leser kom egter ook onder die indruk van ’n uiters vaardige prosaïs wat woorde en beelde opweeg en sorgvuldig kies. Francois Smith neem die basiese gegewe uit Nico Moolman se The Boer Whore, ’n boek waarin die lewensverhaal van Susan Nell – haar verkragting tydens die Anglo-Boereoorlog en haar konfrontasie met haar verkragters tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë – in meer besonderhede vertel word.

Temas wat op interessante wyse verpak word, is onder andere die hantering van trauma, die slagoffer as “aandadige”, die verhouding tussen genesing en vernietiging, die effek van oorlog op vrouens (en nie net as “slagoffers” nie, maar as die “bevrydes” wat agterbly en in beheer is), die belang van stories en die verwoording van trauma.

Francois Smith verdien sy brood en botter as uitgewersredakteur, maar as hy die geringste kans kry, skryf hy eerder sy eie werk. Van sy verhale het in die bloemlesings BlootsKosblik en Skarlakenkoorsverskyn; sy vertaling van David Kramer: ’n Biografie is met ’n Sala-letterkundeprys bekroon. Hy en sy gesin woon in Wynberg, Kaapstad, maar hy eintlik kom hy van die Vrystaat. 

Hy het ’n Ph.D. in die letterkunde van die Universiteit van Kaapstad en as hy nie skrywers soos Dan Sleigh, P.G. du Plessis en Elsa Joubert help om hul manuskripte te vervolmaak nie, tree hy as gasdosent in die letterkunde op, of bied skryfslypskole aan.
     
     
Ester deur Kerneels Breytenbach
     
Tulbagh Arts Festival   Tulbagh Arts Festival

Die Skrywer,
Kerneels Breytenbach
 
’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev. Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev. Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv. Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...

Cornelius (Kerneels) Tobias Breytenbach is op 13 April 1952 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Alberton. Hy behaal ’n MA-graad in Afrikaans en Nederlands in 1975 aan die Universiteit van Stellenbosch. Kerneels werk daarna as joernalis by onder andere Beeld en later as kunsredakteur van Die Burger

Hy was ook ’n popmusiek-rubriekskrywer en het restaurant resensies vir publikasies soos HuisgenootDe Kat en Insig geskryf. Hy het daarna lank as uitgewer by Human & Rousseau gewerk en met sy aftrede in 2009 was hy publikasiebestuurder by NB-uitgewers.

Kerneels debuteer in 1992 met Morsdood van die honger, ’n bundel kortverhale, en volg dit in 1993 op met die roman Glimlag. Hy ontvang die CNA-debuutprys vir Morsdood van die honger. ’n Resepteboek, Die lekkerste lekker, het in 2005 verskyn en Die ding tussen man en vrou in 2009.  Ander boeke: 2010 7de Laan Kookboek (skrywer) Human & Rousseau; 2011 Piekniek by Hangklip, Human & Rousseau; 2011 Blou Maandag (samesteller); 2012 Hartland (verwerker)
2013 Donkerland (verwerker)
     
     
Diana Ferrus    
     
Tulbagh Arts Festival

Die skrywer/digter/verteller
 
Diana Ferrus (born 29 August 1953, Worcester, Western Cape) is a South African writer, poet and storyteller of mixed Khoisan and slave ancestry. Her work is published in Afrikaans and English. Ferrus leads writing workshops in Cape Town while working as an administrator at the University of the Western Cape.

Ferrus is best known for her poem about Sarah Baartman, a South African woman taken to Europe under false pretenses and paraded as a curiosity.  She wrote the poem in 1998 while studying at Utrecht University.  The popularity of this poem is widely believed to be responsible for the return of Bartmann's remains to South Africa.. The poem was published into a French law. Ferrus is a founder of the Afrikaans Skrywersvereniging (ASV), Bush Poets, and Women in Xchains.  She has a publishing company called Diana Ferrus Publishers and has co-edited and published a collection of stories about fathers and daughters.

Diana’s work has, has had and still has a bearing and  influence on matters of race, gender, class and reconciliation. She is popular amongst South Africans of all race groups. She believes in her country’s future and works tirelessly for her people’s emancipation from racial, sexual and class exploitation as well as reconciliation.
     
     
Philip de Vos    
     
Tulbagh Arts Festival  
Philip de Vos is op 16 Junie 1939 in Bloemfontein gebore. Hy was eers ’n taalonderwyser en sing al sedert 1962 operarolle. Philip was van 1980 tot 1997 lid van Kruik se vaste operakoor. Hy het meer as sestig karakterrolle in operas vir KRUIK, PACOFS en NAPAC vertolk. Philip is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter wat nasionaal en internasionaal bekroon is.

Hy debuteer in 1984 met die versbundel, O togga! ’n Gogga. In 1989 ontvang hy die Eugène Marais-prys vir poësie vir Daar’s bitterals in die heuningwals. Van sy gewildste werk is Moenie 'n mielie kielie nieVincent van Gogga (1990), Die Dêng van Gauteng (1996), Karnaval van die diere (1998), Kat se blad (1999), Die spree met foete (2002) en Mallemeuleman (2004). Philip doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Philip is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.
     
     
Stone the Devil by Peter Sinclair Ellis
     
Tulbagh Arts Festival   Tulbagh Arts Festival  
The author grew up and was educated in Rhodesia, serving as an officer during the Bush War that lead to the Independence of Zimbabwe. The author is an experienced, widely travelled businessman, entrepreneur, and wine producer  who has now retired to Portugal to write.

"Stone the Devil is the story of a nuclear bomb that was manufactured as a result of religious conviction and its journey from the Afrikaner Right Wing into the hands of the Islamic state. 

It is a story of political intrigue and deceit, of corruption and greed, and of cruelty often inflicted in the name of God. 

It is a story of the machinations of the secretive Afrikaner Broederbond in former apartheid South Africa, of the savagery and cruelty of Boko Haram, and of the beheadings and single-minded application of Sharia Law by the Islamic State of Iraq and the Levant and the newly declared Caliphate. 

It is a story of the significance of the number 7—to some! 

The reader is taken on a roller-coaster ride from the battle fields of South West Africa (Namibia) and Angola, through suburban crime in the streets of Pretoria and Birmingham, the bombing of the US Embassy in Nairobi, the killing fields of the DRC and Rwanda, and to the climax in Borno Province, Nigeria." 
 
     
     
Clive Algar
     
Tulbagh Arts Festival  
Clive Algar was born in Cape Town in 1942 and has also lived in Johannesburg, Namibia and London. He was a group executive in an international mining company and started writing fiction when he retired and returned to South Africa.

His first novel, Journeys to the End of the World, was published in 2007, and his second, Flowers in the Sand, in 2011. His third novel, Comets, was published as an eBook in 2013. He was invited to contribute a short story to a new Afrikaans anthology of Boer War stories (Boereoorlogstories 2) which was published by Tafelberg in 2012. His story “The Twins” appears in translation.

Clive and his wife Sue divide their time between their mountain home near Wolseley, Western Cape Province, and their lock-up-and-go in Cape Town.
     
Femmlogic - Web Development